Ons is almal deeglik bewus daarvan dat duisende van ons skoolverlaters jaarliks sukkel om ‘n werk te bekom. Die negatiewe gevolge van werkloosheid spreek boekdele. Ouers is bekommerd oor hulle kinders terwyl skoolverlaters desperaat na enige moontlike oplossing gryp terwyl vele eenvoudig in moedeloosheid verval. Almal het ook nie die geleentheid om jare by na-skoolse inrigtings te gaan studeer nie.
Die oplossing is ten dele daarin vervat dat skoolverlaters fokus op die vestiging van ‘n eie suksesvolle besigheid. ‘n Entrepreneur in vandag se kompeterende omgewing vereis nie net die aanleer en kennis omtrent baie spesifieke vaardighede nie maar ook oor ‘n wye spektrum ander ondersteunende vaardighede wat ons nie nou in besonderhede hier gaan uitlig nie. Alle aspekte wat verband hou met ‘n suksesvolle eie besigheid en wat suksesvolle sakelui doen om as suksesvol gereken te word sal deur “posts” verduidelik en toegelig word. Hier is die geleentheid om lekker interessant met mekaar te kommunikeer en oplossings vir probleme te vind. Stuur vir ons jou vrae waaromtrent jy meer inligting benodig en lewer positiewe kommentaar.
Die totstandkoming van OpiBlog.co.za het ten doel om kinders en tieners tussen die ouderdomme van 3-18 jaar te help om basiese vaardighede rakende entrepreneurskap aan te leer sodat hulle by skoolverlating reeds ‘n basis het om dan verder deur bepaalde instansies formele opleiding in entrepreneurskap te ontvang. Kinders moet van kleindag af al gelei word om soos ‘n entrepreneur te begin dink, optree en doen. Selfs oudjies by ouderdom 3-4 jaar is wonderlik ontvanklik om te leer en wat is beter as om na lekker stories te luister, na te boots en sommer net lekker daaromtrent te speel.
Deskundiges sal deurlopend insette maak en “posts” deurgee. Volg weekliks soos die onderskeie kategoriee ontplooi. Lees hulle almal, praat met jou leerders daaroor, hoor wat wil hulle graag wil weet en ons kom terug met antwoorde en voorstelle. Materiaal sal deur E-Books, Videos, oudios en nog meer deur Pay & Download in die E-stoor beskikbaar wees.
Skryf jou kommentaar by die Posts of stuur jou vrae per e-pos na
johngoosen2@gmail.com
Ons sal hulle almal lees en daarop reageer.
Al hierdie kundigheid is ‘n belegging in kinders en jongmense se lewens. Stel hulle deur hierdie Blog bloot daaraan.
Ons praat gou weer!