Skip to content

OppiBlog In Suid-Afrika

Entrepreneurskap Vir Jong Mense

Menu
  • Home/Tuis
  • Kids/Kinders
    • 3 – 7
    • 8 – 12
    • 13 – 18
  • Parents/Ouers
  • Toerisme
    • Landbou
  • Contact Us/Kontak Ons
    • Contact Us
Menu
Kids

ENTREPRENEUR IN SA VAN KLEINDAG AF…

February 10, 2021March 19, 2021

OPLOSSING VIR WERKLOOSHEID:

 ENTREPRENEUR VAN KLEINDAG AF

Klink die volgende aanhaling vir jou bekend :

“ Ek is bekommerd oor my kinders – wat gaan hulle eendag doen om ‘n inkomste te verdien – waargaan hulle werk kry? Hoe gaan hulle leef en vooruitgaan – daar is dan nie werk nie “

Ek hoor hierdie bekommernis op sovele plekke en geleenthede. Dit is ook onder leerders ‘n groot punt van bespreking en moedeloosheid.Dit bring selfs vakkeuses en moontlike beroepsrigtings in die gedrang.

Kan ons net vir ‘n oomblik ‘n gedagte op die tafel sit. Kom ons draai die word “ werkloos” met sy negatiewe uitwerkings om en ek stel jou bekend aan die opwindende en winsgewende wereld van die ENTREPRENEUR.

Dit mag wees dat jy nog skepties staan teenoor hierdie positiewe geleentheid en uitkomste – dis natuurlik en bloot menslik- maar moet dit nie summier verwerp nie. Ons gaan vorentoe verseker in veel meer diepte hieraan aandag skenk en hierdie besondere wereld aan jou bekend stel.

Nou stroom die vrae behoorlik in:

Waar begin ons? Ek skok jou dalk deur te se op 3-4 jarige ouderdom. Dit is interessant om te sien die ontdekkingsreis begin sommer al vroeg in die lewe.

‘n Verbaasde ouer kan beswaarlik haar opgewondenheid verberg:

“Wil jy vir my vertel dat my kind op die ouderdom 3-4 jaar al sy eerste kennismaking met Entrepreneurskap moet ervaar?  WAT BEDOEL JY? Hoe word dit gedoen ?”

“Vertel my eers – wat vir ‘n ding is ‘n Entrepreneur?”

Het ‘n Entrepreneur bepaalde eienskappe?

Is hierdie “oplossing” ‘n spanpoging – wie speel almal in hierdie span?

Dis heerlik om hierdie vrae so vinnig te ontvang. Ons gaan hulle almal vir jou beantwoord hier: OPPIBLOG.co.za

Moet nie huiwer om jou vrae deur te stuur nie.

Ons begin ook dadelik met ons jongspan gesels. Weeklikse of of twee weeklikse stories, raad en advies  – kyk uit vir nuwe nuus op Vrydae – die volgende een is oppad.

Maak dus ‘n afspraak met jouself om Vrydae te loer watter nuwe een kom by. Dis maar die eerste tree op ‘n pad wat oor jare gaan strek

2 thoughts on “ENTREPRENEUR IN SA VAN KLEINDAG AF…”

  1. johan says:
    April 2, 2015 at 1:47 pm

    Dit lyk fantasties oom John!

    Ek hou baie hiervan.

    Geluk!!

  2. Frans says:
    April 10, 2015 at 12:24 pm

    Ek het my eerste geld as entrepreneur verdien toe ek seker so 4 of 5 was.

    My oupa het my so 60 jaar gelde gevra om sy ou Ford Pic-Up te was – ek onthou ek moes ook bande met olie smeer of so iets.

    Ek kan nie onthou hoeveel hy my destyds betaal het nie maar ek kan onthou dat ek wel betaal is.

    Ek was nie meer karre nie – maar ek maak nog geld op presies dieselfe manier.

    Ek doen werk wat ander mense nie wil of kan doen nie – en hulle betaal my baie geld daarvoor.

    Ek sien uit na meer artikels by OppiBlog!

    Sterkte

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wat Ander Mense Sê….

  • Lorette on Make Your Dream Real and You Successful
  • Frans on ENTREPRENEUR IN SA VAN KLEINDAG AF…
  • David on EK IS ‘N WENNER
  • johan on ENTREPRENEUR IN SA VAN KLEINDAG AF…
  • Lorette on ENTREPRENEURS

Wanne See Older Posts?

Categories

  • Algemeen
  • Courses
  • David Venter (Prof)
  • Educators/Onnies
  • General
  • Kids/kinders 8-12 jaar
  • Kids/Tieners/Teens 13-18 years
  • Kinders Leer
  • Leo Steyl
  • Parents/Ouers
  • Stories 8 tot 12 jaar
  • Uncategorized

Koop Jou Eie Besigheid; Kliek TV

Maak Seker Google Sien Jou Besigheid Raak – Gaan Na Foxlist.co.za: Lys Gratis

Begin Vroeg: Besoek SAKE; Kliek Net Op Sy Neus Hieronder….

© 2025 OppiBlog In Suid-Afrika | Powered by Minimalist Blog WordPress Theme