Lewensvatbaarheid van ʼn onderneming
ʼn Ware sakegeleentheid impliseer dat daar ʼn vraag na ʼn betrokke produk of diens moet wees teen ʼn aanvaarbare prys en ʼn koste wat vir die onderneming ʼn netto wins sal lewer.
Die doel van lewensvatbaarheidstudies moet gesien word as pogings om vooraf antwoorde op vrae en probleme te verskaf wat die sukses van ʼn onderneming kan beïnvloed en sodoende seker te maak dat die onderneming suksesvol sal wees. Die lewensvatbaarheidstudie moet interne en eksterne geleenthede en bedreigings identifiseer en hoe dit tot voordeel of oorkom kan word.Daar is vyf ondersoekgebiede wat gebruik kan word.
1. Produk of diens
Bepaal die produk of diens wat jy kan verkoop. Het jy die nodige kundigheid rakende die produk en by wie gaan jy die produk aankoop en teen watter prys. Bepaal teen watter prys gaan jy die produk verkoop. Indien jy self die produk gaan vervaardig watter toerusting het jy nodig en wat gaan die kostes wees om die produk te vervaardig en waarteen gaan jy die produk verkoop.
2. Ontleed mededingers (Persone wat dieselfde produk verkoop)
Waar verkoop die mededingers hulle produkte en teen watter prys verkoop hulle die produk. Kyk na die kwaliteit van hulle produkte en of jou prys te hoog of te laag is met hulle prys nadat jy kwaliteit ensovoorts in berekening gebring het. Vra die vraag hoekom sal mense my produk kom koop en nie by die mededingers nie. Wat maak my produk uniek?
3. Ontleding van eie mark.
Is daar ʼn behoefte vir my produk en is my prys reg? Nadat jy bepaal het waar die mededingers hulle produk verkoop bepaal jou eie mark. Byvoorbeeld; gaan jou produk werk vir grootmense, studente hoërskoolkinders, laerskoolkinders ens. Bepaal dan waar gaan die beste plek wees om by hierdie mark uit te kom en is daar nie struikelblokke om dit op daardie plek te bemark nie. Probeer die grootte van die mark te bepaal. Watter tipe advertensies gaan jy gebruik of hoe gaan jy die kliente bewus maak van jou produk wat jy gaan verkoop.
4. Die onderneming se vermoëns
Dink aan ʼn gepaste naam wat jy kan gebruik vir jou produk. Bepaal hoe gaan jy boekhou van die inkomste en uitgawes sodat jy kan bereken of jy ʼn wins gaan maak aan die einde van die dag of periode. Moet jy ander mens betrek by jou onderneming en wat gaan die kostes daaraan verbonde wees.
5. Finansiële lewensvatbaarheid
Bepaal hoeveel kapitaal (geld) jy nodig het om die onderneming te begin en waar gaan jy die geld kry. Bepaal wat jou uitgawes gaan wees en probeer dan bepaal hoeveel produkte moet jy verkoop sodat jy ʼn wins en nie ‘n verlies maak nie. Stel ʼn begroting op van hoeveel jy dink jy gaan verkoop per dag of oor ʼn sekere periode en wat kan die uitgawes wees oor daardie periode om te bepaal of die onderneming ʼn wins gaan maak of nie