5 KREATIEWE IDEES OM DANKIE TE Sê
Kom ek vra jou gou 2 vragies:
• Hou jy daarva om ‘n geskenk te ontvang? Ja, ons hou almal daarvan!!!
• Hou jy daarvan om vir iemand vir wie jy lief is, ‘n geskenk te gee en saam daarmee “geluk” of “dankie” te sê? Ja dit is vir ons lekker!!
Nou-ja maats, dan moet ons nou planne maak, want op 21 Junie 2015 is dit mos ………. Vadersdag. Ons vier Vadersdag om vir elke Pappa dankie te sê vir al sy liefde, bederf, en ondersteuning. Dalk wonder jy wat om te maak of te doen. Daar is baie dinge wat ons vir Vadersdag kan maak of doen om vir Pappa mee te bederf. Onthou jy hoef nie ‘n duur geskenk te maak of te gaan koop nie, jy kan dit self maak. Jou Pappa sal ook selfs net ‘n stywe drukkie waardeer.
Nou toe, laat ons aan die werk spring. Kom ons probeer die volgende idees:
• Verf ‘n eenvoudige hout fotoraam met verskillende kleure of kies slegs een kleur. Skryf ‘n mooi boodskap op gekleurde papier en plaas dit binne-in die raam
• Maak drupmatjies vir glas of koeldrankblikkies deur sirkels uit gekleurde karton te sny. Trek ‘n wye glas op die karton af (4 tot 8 sirkels) en sny dit versigtig uit. Jy kan nou ‘n boodskap op elke matjie skryf, ‘n prent teken of afskrifte van familiefotos daarop plak. Onthou om die hele agterkant van die foto te bedek met gom sodat dit goed sal heg. Seël dan nou die matjies met wit vloeibare gom en laat dit droog word.
• Druk kleurvolle kaartjies op wit karton of papier en skryf ‘n boodskap in jou mooiste handskrif. Dit help altyd om eers die boodskap op ‘n ander stuk papier te oefen. https://juffer.files.wordpress.com/2014/06/vadersdag.pdf
• Buig ‘n oulike vormpie uit verskillende pypskoonmakers en heg dit aan ‘n skuifspeld om ‘n boekmerk te maak. Jy kan die eerste letter van jou naam, Pappa se naam of iets soos ‘n fietsvorm gebruik vir jou vormpie. http://i.ehow.com/images/a04/re/6c/make-mess-fathers-day-bookmark-800×800.jpg
• Laastens kan jy vlaggies om gekleurde papier druk en aan ‘n toutjie, lint of sefs vislyn hang. Jy kan die letters “P” en “a” gebruik om “pa” of “pappa” te spel en dit bo-oor die bed se kopstuk, in sy kantoor of in die motorhuis op te hang. https://juffer.files.wordpress.com/2014/05/pa-vlaggie.pdf
Weet julle wat? Ek wens daar was meer sulke dae. Ek dink ons moet sommer self ‘n hele paar vadersdae gedurende die jaar maak om vir Pappa dankie te sê – dieselfde met Moedersdag.
Julle leer hier hoe om planne te maak en saam daarmee dankbaar te wees. Eendag as jy dalk jou eie besigheid het, gaan jy ook baie planne moet maak. Ons begin sommer nou al daarvan leer.
Geniet die dag saam met Pa.