Skip to content

OppiBlog In Suid-Afrika

Entrepreneurskap Vir Jong Mense

Menu
  • Home/Tuis
  • Kids/Kinders
    • 3 – 7
    • 8 – 12
    • 13 – 18
  • Parents/Ouers
  • Toerisme
    • Landbou
  • Contact Us/Kontak Ons
    • Contact Us
Menu

EMOSIONELE INTELLIGENSIE (EI)

June 9, 2015August 25, 2016

Die sleutelrol wat emosionele intelligensie in entrepreneurswese speel, kry nie genoeg erkenning nie. Dit word nie op ‘n natuurlike en doeltreffende wyse tydens die opvoedingsproses beklemtoon en ontwikkel nie.

Een van die grootste geskenke wat enige ouer vir ‘n kind kan gee, is om hom/haar geleidelik van kleinsaf te help, lei, ondersteun en deur die voorbeeld te stel, te inspireer om emosioneel intelligent te funksioneer. Sodanige belegging in ‘n kind se menslike kapitaal verskaf ‘n stewige basis vir die aanleer van spesifieke besigheidsvaardighede deur die voornemende entrepreneur.

Emosies speel ‘n baie groot rol in ons as ouers se lewe. Trouens, dit kan ons funksionering in ons beroep, besigheid en alle lewensareas, negatief en/of positief beïnvloed. Ons is byvoorbeeld nie altyd so daarvan bewus dat ons emosies in ‘n groot mate bepaal of ons ‘n taak gaan doen of nie! Ons emosies wil eintlik voortdurend boodskappe aan ons oordra. So kan dit ons waarsku dat die tyd aangebreek het om die een of ander aanpassing in ons lewe te maak!

Kennis van emosionele intelligensie (EI) kan baie help om ons eie en ander se lewenskwaliteit geleidelik te laat toeneem.

EI is wanneer jy jou eie gevoelens en gedagtes gemaklik kan uitken, verstaan, beheer en duidelik oordra; jy toon ook dat jy ander se gevoelens verstaan en hegte verhoudings kan ontwikkel. EI maak ons doeltreffend, gemotiveerd en, ons staan veerkragtig op na ‘n mislukking, onderhandel suksesvol, hanteer verandering gemaklik, is selfhandhawend en minder vatbaar vir stres. EI sluit in die bewuswording van jou self, selfbemagtiging, selfmotivering, emosionele kontrole, empatie, persoonlike waardes, beginsels, positiewe oortuigings, ‘n gebalanseerde lewensbeskouing, gemaklike sosiale kommunikasie en probleemoplossing. Kom ons neem die besluit en aanvaar die uitdaging om van vandag af bewustelik te leer om self ‘n hoë mate van emosionele intelligensie te toon. Kom ons demonstreer emosionele volwassenheid in die besigheid, gesin, skool, werkplek, samelewing en op die sportveld. Kom ons leer ons kinders EI en skep die gunstige klimaat waarbinne hulle dit gemaklik kan toepas op pad na die verwesenliking van hul wonderlike entrepreneuriese drome!

Leo Steyl M.A. Sielkunde (U.S.); B.Ed. Cum Laude (U.V.)
072 326 5 234 leosteyl@gmail.com www.leosteyl.wordpress.com
U is baie welkom om persoonlik met Leo te gesels en/of
hom te skakel by 072 326 5 234.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wat Ander Mense Sê….

  • Lorette on Make Your Dream Real and You Successful
  • Frans on ENTREPRENEUR IN SA VAN KLEINDAG AF…
  • David on EK IS ‘N WENNER
  • johan on ENTREPRENEUR IN SA VAN KLEINDAG AF…
  • Lorette on ENTREPRENEURS

Wanne See Older Posts?

Categories

  • Algemeen
  • Courses
  • David Venter (Prof)
  • Educators/Onnies
  • General
  • Kids/kinders 8-12 jaar
  • Kids/Tieners/Teens 13-18 years
  • Kinders Leer
  • Leo Steyl
  • Parents/Ouers
  • Stories 8 tot 12 jaar
  • Uncategorized

Koop Jou Eie Besigheid; Kliek TV

Maak Seker Google Sien Jou Besigheid Raak – Gaan Na Foxlist.co.za: Lys Gratis

Begin Vroeg: Besoek SAKE; Kliek Net Op Sy Neus Hieronder….

© 2025 OppiBlog In Suid-Afrika | Powered by Minimalist Blog WordPress Theme